Martial Arts SA-Nasionale kampioenskappe. Vyf leerders van Hoërskool Wesvalia het in Pretoria aan die Martial Arts SA-Nasionale kampioenskappe deelgeneem.
Hierdie uitmuntende Wessies het hul krag en vaardigheid bewys tydens die Nasionale Kampioenskappe.
Die volgende sterre behaal medaljes:
Met ’n indrukwekkende oes van goud-, silwer- en bronsmedaljes het hulle die skool se naam met glans gedra.
- Heather van Heerden: Goud vir Gi Grappling en Goud vir Sport Ju Jitsu Kumite
- Leani van der Merwe: Silwer: No-gi Grappling en Brons: Gi Grappling
- Jaco van der Merwe: Silwer: No-gi Grappling en Goud: Gi Grappling
- Declan Ferrier: Goud: No-gi Grappling en 4de Plek: Gi Grappling
- Alexander Engelbrecht: Goud: No-gi Grappling en Silwer: Gi Grappling
Wessies se harte bars van trots oor hierdie kampioene wat die skool se gees en deursettingsvermoë op die nasionale verhoog laat skitter!






