Rugbyspelers gekies vir Griffonsrugby o.13 en o.12A Spanne - Foto voorsien
Rugbyspelers gekies vir Griffons rugbyspanne

Rugbyspelers gekies vir Griffonsrugby o.13 en o.12A Spanne


Laerskool Naudeville kondig met trots aan dat twee van hul rugbyspelers gekies is vir die Griffonsrugby o.13-Akademieweekspan en een vir die Griffonsrugby o.12A-span in streekstoernooie.

Die rugbyspelers wat gekies is vir Griffonsrugby is soos volg:

o.13 Akademieweekspan

  • Tyler Pereira
  • Dawie Viljoen.

Hulle sal in Uitenhage (Kariega) speel tydens die Akademieweek.

Griffonsrugby o.12A span

  • Dean Louw

Die o.12A wedstryde is deel van die plaaslike Griffons-jeugreekse en word in die streek self gespeel.

Hierdie geleenthede gee jong spelers die kans om hul vaardighede te slyp en moontlik ’n pad na Craven Week en selfs hoër vlakke van rugby te baan.

Hierdie jong rugbyspelers verteenwoordig nie net hul skool nie, maar ook die toekoms van Griffons-rugby. “Naudies wens hulle sterkte toe met die komende wedstryde en glo dat hulle met trots en passie sal speel. Ons nooi die ouers, vriende en ondersteuners om saam te staan agter hierdie leerders en hul rugbydrome.”

https://naudies.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article