Bloemfontein se ster-atleet Rumé Burger is ingesluit in die Suid-Afrikaanse senior atletiekspan wat in Mei in Botswana aan die Wêreld-aflosbyeenkoms gaan deelneem. Sy is deel van die vroue 4x100m-aflosspan.
Die byeenkoms vind op Saterdag 2 en Sondag 3 Mei in Gabarone plaas.
Olimpiese kampione Andre de Grasse (Kanada), Shericka Jackson (Jamaika) en Letsile Tebogo (Botswana) is van die atlete wat aan die aflosbyeenkoms gaan deelneem.
LEES OOK: Nike borg jong Bloemfonteinse skitter-vroueatleet

Burger het die jaar goed begin met ‘n nuwe rekordtyd in die Simbine Classic Shootout in Februarie in Pretoria, waar sy die vorige rekord van 17,41 verbeter het tot 16,95.
Die gr. 12-leerling van die Hoër Meisieskool Oranje het in Januarie die jongste senior Suid-Afrikaanse atleet in die geskiedenis geword wat ‘n professionele kontrak by Nike ontvang het.
Nog ‘n oudleerling van Oranje, Maritza Coetzee (1995), is een van die hulpafrigters van die span.
Die ander lede van die Suid-Afrikaanse 4x100m-span wat aan die Wêreld-aflosbyeenkoms gaan deelneem is Tamzin Gelant, Viwe Jingqi, Rogail Joseph, Gabriella Marais en Joviale Mbisha.
Die Bloemfonteinse Olimpiese rekordhouer Wayde van Niekerk vorm deel van die 4x400m aflosspan. Saam met hom is Zakithi Nene, Lythe Pillay, Udeme Okon, Gardeo Isaacs en Leendert Koekemoer ingesluit in die span.
Die ander Suid-Afrikaanse spanne wat gaan deelneem is:
- Vroue 4x400m: Zenéy Geldenhuys, Marlie Viljoen, Christi Loggenberg, Hannah van Niekerk, Jada van Staden en Miranda Coetzee.
- Mans 4x100m: Cheswill Johnson, Sinesipho Dambile, Retshidisitswe Mlenga, Bradley Nkoana, Akani Simbine en Tsebo Matsoso.



You must be logged in to post a comment.