Ruiterkunsorganiseerder en 16B Netbalafrigter -Kyla Coetzer lei met passie
Kyla Coetzer (Foto verskaf)

Ruiterkunsorganiseerder en 16B Netbalafrigter -Kyla Coetzer lei met passie


Hoërskool Marais Viljoen stel met trots me. Kyla Coetzer bekend as die skool se Ruiterkunsorganiseerder en o.16B Netbalafrigter.

Kyla se passie vir sport en jongmense straal deur in alles wat sy aanpak. Sy speel ’n sleutelrol in die groei van ruiterkunsorganiseerder. Sy beleef groot vreugde om te sien hoe meer leerders jaar na jaar hul talent in ruiterkuns ontwikkel. Haar liefde vir netbal is ook duidelik te sien in die toewyding waarmee sy die o.16B‑Netbalspan afrig. Dit bly vir haar ’n hoogtepunt om die groei en sukses van haar spelers te sien.

Wanneer sy nie op die sportveld of by die stalle is nie, geniet sy perdry en kosbare tyd saam met haar man en hul hond. Haar gunsteling aanhalings, “As jou gedagtes daar is, het jy reeds 50% bereik” en “Let Go, Let God!”, weerspieël haar positiewe ingesteldheid en geloof in deursettingsvermoë.

Met haar passie vir sport, mense en ontwikkeling lewer sy ’n waardevolle bydrae tot die Marais Viljoen‑familie.

Haar sportloopbaan sluit indrukwekkende hoogtepunte in, waaronder ’n 1ste plek by die NWU‑Puk Reeks, sowel as die prestasie om saam met haar 2023‑netbalspan as ligawenners gekroon te word.

Met haar toewyding en energie is sy ’n inspirasie vir elke leerder wat sy afrig en ondersteun.

https://www.maraisviljoen.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article