Die Zomerlust-boetiekhotel is ’n pêrel in die Paarl se kroon, met ’n erfenis wat tot in die 17de eeu strek. Onlangs is die 15 luukse kamers en suites deur die bekende interieurontwerper Misi Overturf opgeknap om die verlede te eer, maar ook die toekoms met moed en durf te omhels. Elke kamer het sy eie kleurpalet. William Morris se kenmerkende ontwerpe verskyn op die muurpapier, terwyl besonderhede uit die Arts and Crafts-tydperk deurgaans in die dekor voorkom. Zomerlust gee aandag aan die kleiner dinge. Geniet varsgebak op die stoep of neem ’n Rolls-Royce-rit.
Besoek gerus hul webwerf: www.zomerlust.co.za
Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se November-uitgawe móét lees! | rooi rose


