Daar is iets nuuts by Simply Bee – en jy gaan meer rede hê om te glimlag!
Simply Bee het onlangs hul reeks met mondhigiëneprodukte uitgebrei, insluitend tandepasta en ’n mondspoelmiddel – ’n natuurlike toevoeging tot jou daaglikse selfversorgingsroetine.
Simply Bee, ’n trotse Suid-Afrikaanse handelsmerk, is geleë in Hopefield aan die Weskus en bring met trots vir jou gesonde, natuurlike skoonheid direk vanaf Moeder Natuur. Simply Bee-produkte word gemaak van 100% Weskus-fynbosheuning, byewas en propolis gemeng met essensiële olies.
Simply Bee-produkte is omgewingsvriendelik en word nie op diere getoets nie. Simply Bee handhaaf ratelvriendelike en volhoubare byeboerderypraktyke om die gesondheid en oorlewing van byekolonies te verseker. Suiwer en eenvoudig, soos bedoel deur Moeder Natuur.
Beskikbaar by www.simplybee.co.za
Simply Bee Mouth Wash 500 ml
Mondspoelmiddel met peperment en aalwyn. Bevat natuurlike bestanddele, is alkoholvry en bevat geen sterk chemikalieë nie.
Aanwysings: Spoel met 10-15 ml vir 30-60 sekondes en spoeg uit. Moenie dit sluk nie.

Mondspoelmiddel met peperment en aalwyn
Simply Bee Propolis Ulcer Salve 15g
’n Natuurlike salf wat met propolis, gousblom en voedende olies geformuleer is om die vel te help kalmeer en beskerm, én die vel se natuurlike genesingsproses te ondersteun.
’n Propolis-salf vir mondversorging met fynbospropolis en heuning. Ondersteun velherstel, kalmeer, beskerm en bevogtig.
Aanwysings: Maak die aangetaste gedeelte skoon. Wend ’n dun lagie 1-3 keer per dag aan of soos nodig. Kan in die mond gebruik word.

Propolis-salf vir mondversorging met fynbospropolis en heuning
Simply Bee Propolis Pulling Oil 200ml
Die mondolie is ’n mengsel van essensiële olies en klapperolie wat ontwerp is om mondgesondheid te bevorder. Die produk maak gebruik van die antieke praktyk van oliespoeling, gekombineer met moderne medisinale insigte, om omvattende mondversorging te bied deur gifstowwe te verwyder, bakterieë uit te skakel, tandvleis te genees, tandsenuwees te herstel, gaatjies te herstel, tandemalje te herbou, tandvleisinfeksies te behandel en die bloed te ontgif.
Aanwysings: Gooi 1-2 eetlepels daarvan in jou mond. Spoel die olie vir ongeveer 5 minute deur jou mond en tande. Moenie sluk nie. Spoeg uit, en spoel jou mond deeglik met warm water. Vir die beste resultate, gebruik dit daagliks as deel van jou mondversorgingsroetine.
Allergene: Bevat bestanddele afkomstig van bye. Moenie gebruik as jy vir byprodukte allergies is nie.

Mondolie van essensiële olies en klapperolie
Simply Bee Propolis and Cinnamon toothpaste 100ml
Aanwysings: Borsel deeglik vir minstens twee minute, verkieslik ná elke maaltyd of minstens twee keer per dag.
Spoel jou mond ná borsel uit.
Kinders jonger as ses jaar moet ’n hoeveelheid so groot soos ’n ertjie gebruik onder toesig van ’n volwassene.

Kaneeltandepasta
Simply Bee Propolis and Peppermint toothpaste 100 ml
Aanwysings: Borsel deeglik vir minstens twee minute, verkieslik ná elke maaltyd of minstens twee keer per dag.
Spoel jou mond uit nadat jy geborsel het.

Pepermenttandepasta
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 5 November 2026
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek novanews.co.za/rooirose
Lees ook: WEN 24 Uur van kalmte met die MetaRelax-reeks 💜 | rooi rose
