Bestanddele
- 250 g aarbeie, gepel
- 80 ml (⅓ k) limonade
- 300 ml geklopte room
- 80 ml (⅓ k) suurlemoensmeer (in winkels te kry)
- 80 ml (⅓ k) klappervlokkies, gerooster plus ekstra om te bedien
- 375 ml (1½ k) pienk spookasem
Metode
- Sny vyf aarbeie in dun ringetjies en sny orige aarbeie in kwarte.
- Plaas aarbeikwarte en limonade in klein pot oor hoë hitte en bring tot kookpunt. Verminder hitte en laat vir 5 minute prut. Druk aarbeie met vurk fyn terwyl dit kook tot aarbeie sag is en vloeistof dik is. Laat vir 10 minute afkoel.
- Klop room met elektriese klitser tot sagte pieke vorm. Fou suurlemoensmeer en klapper versigtig in room.
- Verdeel suurlemoensmeer in helfte. Voeg van gekookte aarbei in helfte van mengsel, maar moenie roer nie.
- Verdeel en voeg suurlemoensmeerroom, aarbeiroom en vars aarbeie in lagies by. Plaas spookasem bo-op en strooi klappervlokkies oor.
Lees ook: Bevrore bessiejogurt | rooi rose
