KARIEGA – Die Bergsig Skool se rugbyspelers het tydens Spar se Metro-reeks weer behoorlik spiere gebult.
Hulle het met die trofee weggestap as algehele wenner nadat sy o.19A-, o.19B- en o.19C-span as wenners uit die stryd getree het. Dis nou al ‘n paar jaar dat Bergsig groot opgang op die rugbyveld maak.

Die span se afrigter, JD Esterhuizen, sรช, “Ons as skool is uiters trots op die uitslae van die seisoen.
“Ons gaan elke jaar van krag tot krag en ons uitslae bewys dit. Ons hou steeds aan om hard te werk en kinders te vorm in volwassenes wat gereed sal wees vir die wรชreld daar buite En ons is ook baie dankbaar vir Levyvale, Spyros en Despatch Superspar wat van die toernooi ‘n groot sukses gemaak het as hoofborg.”
Bergsig was ook die algehele wenner in landloop toe beide sy junior seuns- en meisiespan met die louere weggestap het. Die Hoรซrskool Despatch is as die netbal- en skaakkampioen gekroon.
Bergsig, Despatch en die Hoรซrskool Otto du Plessis het ook die algehele trofee gedeel met 36 punte elk. Dis ‘n goeie aanduiding van hoe gelykop sake enduit verloop het.
LEES OOK: OP en Hoรซrskool Otto du Plessis maak stoei-geskiedenis




You must be logged in to post a comment.