Tans is die Paarl se grootste Ker¦smark in volle swang – die Strooidakkerk se immergewilde Paarl-feesmark vind van 20 November tot 2 Desember in die Paarl-stadsaal plaas. Dié gewilde mark word vanjaar die 15de keer aangebied. Sowat 170 uitstallers verkoop alles van beskuit en koekies tot klere, speelgoed, plante, leerware, handsakke, juweliersware en nog vele meer teen bekostigbare pryse. ’n Restaurant sal ook koffie en etes bedien. Die feesmark is weeksdae van 09:30 – 19:30 oop en Saterdae van 09:00 – 15:00. Toegang is gratis. Die Paarliet Meghan Crous (agter) met haar kroos Alex (links) en Leah (regs) het die Kersmark Dinsdagmiddag (21 November) besoek.Foto:


Woon die Kersmark by!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article