Paarl Mall samel tans leesboeke vir Laerskool Charleston Hill se biblioteek in.
Die projek is bekend as “Let’s Build a Library” en hulle beoog om minstens 600 boeke bymekaar te maak, sê Paarl Mall se sentrumbestuur.
“Paarl Mall probeer om altyd ons gemeenskap te ondersteun, veral kinders. Ons kan ’n verskil maak om kinders se kennis te verbreed. Kennis is mag, en hoe beter ’n mens kan lees, hoe vinniger bemagtig jy jouself met spesifieke en algemene kennis.”
Die projek sluit in Junie, maar die gemeenskap is steeds welkom om boeke ná die spertyd te skenk.
“Daarna kan ons gemeenskap nog altyd boeke skenk omdat die biblioteek vir Laerskool Charleston Hill op ’n permanente basis deur Paarl Mall onderhou sal word,” voeg die sentrumbestuur by.
Twee skenkersbokse is tans beskikbaar waarin besoeker boeke kan plaas. Een boks staan in die promosiehof voor Woolworths en die ander een voor Clicks.
- Paarl Mall is collecting reading books for the library at Charleston Hill Primary School.





