Jarred Ricketts is een van die kunstenaars wat optree op Hoërskool Noorder-Paarl op 25 Maart.

Facebook

Die onderstaande funksies is aan Paarl Post gestuur:

24 Maart

  • Die NG kerk Paarlberg in die Paarl se Hoofstraat hou Vrydag 24 Maart sy feesbasaar van 11:00 tot 20:00. Koeke, vrugte en groente, pannekoek, lekkernye vir die kinders, kos en vele meer sal te koop wees.
25 Maart

  • A music sundowner event will take place on 25 March on the schoolgrounds of Noorder-Paarl High School. You can look forward to the live performances of Jarred Ricketts, Public Opinion, Don Vino and Vuvu Kumalo. You can take with your own picnic basket and drinks and a camping chair. Entrance is R150 per person. 
  • Die ACVV-dienssentrum in Wellington hou op 25 Maart van 08:00 af basaar by die Wellington Moederkerksaal. Tuisgebak, pannekoek, poedings, ’n witolifanttafel en ’n verskeidenheid gevriesde etes is te koop. Geniet ’n koppie koffie en koek vir R25.
19 April

  • Wellington-tuinbou besoek Hannalie du Toit by Alimandi-kwekery en sy sal gaste meer vertel oor wat om te doen vir die herfs, gepaste tuinbome asook wat is giftige of eetbare blomme en plante vir mens en dier. Die groep vertrek om 09:00 van Checkers in Wellington. Trek gemaklike skoene aan. Plante sal te koop wees. Vir meer inligting, kontak Susna du Toit by 084 664 1665.
2-5 Mei

  • Kaartjieverkope het geopen vir die Hugenote Hoërskool se jaarlikse musiek-skouspel, waaraan talentvolle leerders van die skool op die verhoog (en agter die skerms) sal uitblink. Vanjaar word Hairspray op die planke gebring. Dit is van 2 tot 5 Mei in die skoolsaal te sien. Kaartjies kos tussen R50 en R180, en kan via die skool gekoop word. Bel 021 873 211 of e-pos jenslin@hugenoteskool.co.za.
27 Mei

  • Die Wellington Moederkerk hou Saterdag 27 Mei sy heerlike jaarlikse kerkbasaar. Almal is welkom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article