Die Drakenstein-munisipaliteit is tans besig om ’n groot klepkas met verskeie kleppe en pypwerk op die hoek van Bergrivier Boulevard en Treurnichtstraat in Vrykyk aan te bring. Die kleppe gaan in die toekoms die waterdruk in die omgewing beheer. Vrykyk het die afgelope paar jaar talle probleme ondervind met ondergrondse waterpype wat bars, en die bou van só ’n klepstelsel sal hopelik hierdie probleem verlig. Die drukverlagingskleppe, wat aangebring gaan word, gaan meebring dat minder skommeling in waterdruk in die netwerk voorkom en gevolglik minder gebarste pype. Die statiese druk in die stelsel sal egter effens laer wees. Foto:

Credit: SYSTEM

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article