’n Intense kouefront word die naweek vir die gebied voorspel.Foto: Argief


Ten spyte van die feit dat vandag uiters warm gaan wees, bekruip ’n intense kouefront die Wes-Kaap wat tot Maandag duur.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens­ waarsku inwoners en boere oor erge wind en reën ­wat verwag kan word.

Reënweer word reeds môre en Saterdag voorspel.

Maar vandag kan die kwik tot 36 °C in Paarl styg.

Teen môre is daar ’n 30%-kans op motreën in die Drakenstein gebied met die kwik wat daal tot sowat 26 °C.

Saterdag is daar weer ’n 30%-kans op reën in Paarl en omgewing.

En vir Sondag word die groot reën voorspel met ’n 60%-kans op buie wat oor die gebied verwag kan word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article