Stormweer en moontlike sneeu word hierdie naweek oor dele van die Wes-Kaap verwag. Foto: Argief

Vlak 2-waarskuwing: Ysige koue, erge stormwind en sneeu verwag

Stormweer en moontlike sneeu word hierdie naweek oor dele van die Wes-Kaap verwag. Foto: Argief


’n Sterk kouefront trek vanmiddag oor die Wes- en Noord-Kaap en ysige weersomstandighede word verwag.

Nat en baie winderige toestande word oor die Wes-Kaap en suidelike Namakwa verwag met die kwik wat skerp daal tot ’n verwagte maksimum-temperatuur van onder 10 °C in sommige gebiede môre (Saterdag 8 Julie) en Sondag.

Sneeu kan ook op hoogliggende gebiede en bergpieke verwag word.

Sterk noordwestelike wind met ’n spoed van tussen 50-70 km/h en rukwinde van tot 80 km/h word Vrydag en Saterdag oor die Kaapse Wynlande, die suidelike dele van Namakwaland en die Sentraal-Karoo-distrikte verwag. Die sterk wind kan moontlik strukturele skade in hierdie gebiede veroorsaak – veral aan informele nedersettings, maar ook in formele gebiede.

Padgebruikers word ook gewaarsku om uiters versigtig te wees.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article