As ’n gebore Gautenger sal sommige Kapenaars my dalk as ’n “indringer” bestempel terwyl ek my nuwe tuiste in die Boland bewonder. ’n Mens kan dit verstaan . . . die Wes-Kaap se infrastruktuur kan ook net soveel mense huisves.

’n Mens wil tog nie hê dat die stand van sake, soos in Gauteng, agteruitgaan nie – dít is nou waaragtig ’n bleek bestaan. Boonop brei die Boland uit teen ’n oorweldigende spoed en kosbare klein dorpies ontaard dalk net in voorstede of selfs die Paarl in ’n stad.

Met dit, kan ’n mens net jou kant bring om die munisipaliteit aanspreek­lik te hou vir ontwikkeling en verbete­ring van bestaande infrastruktuur, veral deur openbare kommentaar oor ontwikkelings en bouprojekte te lewer. Maak jou stem dik, sê jou sê dat daar eers na bestaande infrastruktuur omgesien word voor uitbreidings sonder deeglike ondersoeke en verbeterings goedgekeur word. Op dié manier mag meer mense soos ek in die prag van die Kaap vertoef.


Gebore Gautenger,

wellington

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article