Vlooi is terug op die planke, maar hierdie keer groter en beter as die afgelope 24 jaar. Vlooi gaan vir die eerste keer in die Operahuis kuier!

Vlooi en die speelgoedkis beloof om ‘n kleurvolle avontuur te wees.

As die towersleutel begin gloei, beland Vlooi, Biebie en Wilma in ‘n groot kasteel wat aan ‘n rot behoort, maar nie sommer enige rot nie – nee, ‘n selfsugtige rotprinses met die naam Rottina. Hul pad kruis ook met Jack, wat gereeld uit sy kissie spring, en die bliksoldaatjie sersant Sollie.

Daar is probleme, maar geen probleem is te groot vir Vlooi en sy maats nie!

Daar is soos altyd hope gehoordeelname in die produksie en die leerders kry die geleentheid om saam te sing, te dans en te help sodat die avontuur ‘n sukses is.

Dit bly steeds ‘n hoogtepunt op elke leerder in die grondslagfase se jaarkalender.

Twee vertonings word elke dag om 09:30 en 11:00 by die Kunstekaap in die Operahuis aangebied.

Afrikaanse vertonings is van Dinsdag 5 tot Vrydag 8 Augustus en Maandag 11 Augustus.

Engelse vertonings word van Dinsdag 12 tot Vrydag 15 Augustus opgevoer.

Blokbesprekings van 10 of meer kos R80 per persoon en enkelkaartjies R100 per persoon.

• Kontak Louise by 071 688 3033 of

stuur e-pos na marinda.vlooi@gmail.com vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article