Vennootskap stu sokker, bring internasionale spel na Boland Park

ARI King's Cup bekendstelling
Die voormalige Bafana Bafana-ster Mark Fish, die televisiepersoonlikheid Shashi Naidoo, Nabeal Dien (konsultant: ARI King’s Cup) en James Fortuin (uitvoerende hoof: Boland Krieket).

Vennootskap stu sokker, bring internasionale spel na Boland Park

ARI King's Cup bekendstelling
Die voormalige Bafana Bafana-ster Mark Fish, die televisiepersoonlikheid Shashi Naidoo, Nabeal Dien (konsultant: ARI King’s Cup) en James Fortuin (uitvoerende hoof: Boland Krieket).

Die amptelike bekendstelling van die vennootskap tussen Boland Krieket se Bolandpark en die ARI King’s Cup het gister ‘n nuwe hoofstuk vir Paarl en die Kaapse Wynlande ingelui, met die internasionale sokkertoernooi wat in Februarie 2027 in die streek aangebied word.

Die vennootskap tussen Boland Krieket en die ARI King’s Cup bied ‘n geleent- heid om Paarl as ‘n bestemming vir internasionale sportgeleenthede te bevorder.

Die toernooi beloof om ‘n besondere versameling internasionale sokkerhelde na die streek te bring.

Die voormalige Bafana Bafana-ster en wenner van die 1996 Afrikabeker-toernooi (Afcon), Mark Fish, sal as handelsmerkambassadeur vir die inisiatief optree.

Die televisiepersoonlikheid Shashi Naidoo het as seremoniemeester tydens die bekendstelling opgetree.

Fish het tydens die geleentheid sy kommer uitgespreek oor die ondersteuning wat plaaslike sokker in Suid-Afrika geniet.

Volgens hom is Suid-Afrika ‘n land wat sokker liefhet, maar waar ondersteuning dikwels eerder na ­internasio- nale spanne en ligas gaan as na die plaaslike spel.

Hy het ook daarop gewys dat rugby en krieket in Suid-Afrika groter ondersteuning geniet, en beklemtoon dat meer gedoen moet word om plaaslike sokker te bevorder en die sport op voetsoolvlak te ontwikkel.

ARI King's Cup
Mark Fish, Wes-Kaapse minister van sport Ricardo Mackenzie, James Fortuin (uitvoerende hoof: Boland Krieket), Nabeal Dien (konsultant: ARI King’s Cup) en George Rhoda (president: Kaapse Wynland Sokker). Foto: Ernest Kilowan

Die ARI King’s Cup streef daarna om meer as net ‘n internasionale sokkerskouspel te wees.

Jeugontwikkeling, voetsoolvlaksport, gemeenskapsbetrokkenheid en liefdadigheidsinisiatiewe vorm deel van die projek se doelwitte, terwyl dit ook groter internasionale blootstelling vir die Wes-Kaap wil skep.

Deur die samewerking met Boland Krieket wil die inisiatief sport as ‘n platform gebruik om gemeenskappe te verenig, jong talent te inspireer en nuwe geleenthede vir die streek te ontsluit.

Met Februarie 2027 in die vooruitsig, is die fokus nou daarop om Paarl gereed te maak vir ‘n internasionale sportgeleentheid wat die streek se sport- en toerismepotensiaal op die voorgrond kan plaas.

LEES OOK: Paarlse sportvelde sal Wêreldbeker-krieket huisves

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article