Die leerders en rolspelers wat die vakansieprogram bygewoon het.Foto: Chantélle Hartebeest


Leerders van Nederburg Primêr en die Laerskool Paulus Joubert het dié week bymekaar gekom vir ’n driedaagse vakansieprogram.

Sowat 160 leerders het die verrigtinge van Maandag tot Woensdag bygewoon. Die program is aangebied deur Skoleveiligheid in die Kaapse Wynland, ’n afdeling van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD), en het by Paulus Joubert plaasgevind. Die program het soggens 08:00 begin en tot 15:00 geduur. Die WKOD het gesorg vir ontbyt en middagete.

Volgens Lehandra “Lee” Williams van Skoleveiligheid is die doel van die program om te verseker dat die kinders veilig bly en ook wegbly van afknouery, dwelms en bende verwante aktiwiteite.

Rolspelers in die gemeenskap wat deel uitgemaak het van die program is Paarl-Oos-polisie, kinderwelsyn, skool- maatskaplike werkers, Edgar J Petersen, Umehleko Development en SA Promise.. Learners from Nederburg Primary and Paulus Joubert Primary School came together this week for a three-day holiday programme.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article