’n Hoogtepunt in Paarl se skole-atletiek is die tradisionele Roland Bastiaan-atletiekbyeenkoms wat Dinsdag by Daljosafat-stadion plaasgevind het. Hiertydens ding die hoërskole Klein Nederburg, New Orleans, Noorder-Paarl, Charleston Hill, LK Zeeman en Paulus Joubert op die atletiekbaan mee. Hoewel die algehele wenner teen druktyd nog nie aangekondig is nie, het Klein Nederburg ver voorgeloop op die puntelys. Hier seil Daylon Kampher van Klein Nederburg oor die dwarslat tydens dié tradisionele atletiekbyeenkoms.Foto’s: Ernest Kilowan
Corle Uque van die Noorder-Paarl Hoërskool in die gewigstoot.Foto’s: Ernest Killowan
Hoërskoolmeisies hardloop in die o.19- 1 500 m.Foto:
Die o.19-verspring vir seuns.Foto:




