Lindley Hendricks in aksie in Young Peoples se wedstryd teen BergrivieFoto: Foto: r.Foto: Foto: Johane Scott


Young Peoples KK het die afgelope Saterdag die span van Bergrivier KK op sy tuisveld die stryd in ’n Boland-promosieligawedstryd in Wellington aangesê.

Young Peoples, wat ook as die Tiere bekend staan, het eerste gekolf en ’n stewige 246/10 in 48,3 boulbeurte aangeteken. Lindley Hendricks (68), Darwin de Waal (30) en Ashwill Williams (20) was die voorste lopiemakers terwyl Elrico van Wyk (8,5-0-37-4) en Hein Adonis (10-1-32-2) Bergrivier se beste boulers was.

Bergrivier se beurt het op ’n lae noot begin toe die Tiere-boulers hulle met goeie swaaibalboulwerk gekasty het. Hier moet die naam van Ashwill Williams genoem word, wie se boulaanval telkemale onspeelbaar was. Hy het met 6-0-23-3 geëindig en is goed deur die res van die Tiere se snelboulers bygestaan – Charlton Daniels (6-1-31-3), Darwin de Waal (4-1-20-2) en Clint Brockman (4-0-19-2). Young Peoples het Bergrivier dus vir ’n skamele 93 lopies in slegs 20 beurte vir ’n welverdiende bonuspuntoorwinning uitgeboul.

Young Peoples se tweedes het sy onoorwonne status in die Dal Josafat-stadion behou deur Bergrivier 2 met 35 lopies in hul 20/20-wedstryd te klop. Die Tiere, wat eerste gekolf het, het ’n goeie 150/10 aangeteken met Neill Adams (47) en Rai’d Bird (34) wat die wilgerlat behoorlik geswaai het.

Bergrivier het slegs 115 lopies aangeteken met Danver Louw (4-0-20-3) die beste bouler vir Young Peoples 2.

Hierdie naweek sal Young Peoples 1 teen Paarl 1 op Dal Josafat ’n riller derbystryd te staan kom. Lees meer op bl.32. Toeskou­ers word genooi om die plaaslike derby-wedstryde te kom ondersteun.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article