Wellington se jong entrepreneur Tayla Fisher (13) van die Laerskool Hugo Rust het Vrydag besoek by Silwerkruin se bejaardes afgelê om ’n skenking van 140 van haar eie groente-saailinge aan die aftreeoord te oorhandig. Sy het van die geleentheid gebruik gemaak om meer oor haar onderneming, Tayla’s Seedlings, te vertel. Sy is hartlik deur die inwoners van Silwerkruin ontvang, van wie sommiges ook die geleentheid gebruik het om vir Tayla ’n paar vrae te vra. Daar is op Silwerkruin se Facebook-blad die volgende rakende dié besoek gedeel: “Silwerkruin is bederf met ’n wonderlike skenking van groenteplantjies deur die 13-jarige Tayla van Tayla’s Seedlings. Beslis ’n jong meisie om dop te hou. Sy kweek ’n groot verskeidenheid groenteplantjies. Ondersteun gerus haar besigheid.”


Tiener skenk saailinge aan Silwerkruin

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article