Die Wellington ATKV-gesinstak het verlede Donderdagaand die gewilde Sop-en-Sangaand in samewerking met die Wellington-museum in die Bôrdienghuis aangebied. Hierdie geleentheid word jaarliks ten bate van die Wellington-museum aangebied. Die geld word gebruik as pryse vir die maandelikse museum-fotokompetisie. Die groep Feedback, met Ronel Saayman, JG Auret en Charl de Villiers, het opgetree. Van links is Auret (kitaar), Robert Riedel, Herbert en Roné Sills (ATKV), Saayman (sanger), De Villiers (kitaar), Olivia le Cordeur (museumbestuurder) en Elsabe de Villiers.Foto: Christine Siebrits
Sop, sang, samesyn
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.