Skenk hierdie Kersfees en Nuwejaar ’n maaltyd aan ’n jong inwoner van Huis Andrew Murray in Wellington.


Wellington se Huis Andrew Murray (HAM) vra weer vanjaar die publiek se ondersteuning vir sy MAgiesvol-projek.

Hierdie projek het ten doel om geld in te samel vir die talle jong inwoners van HAM wat die Kersvakansie by die kinderhuis sal moet deurbring en om hulle van ’n smaaklike en feestelike Kersmaaltyd en Nuwejaarsbraai te voorsien.

Altesaam 60 uit 155 kinders bly in die Kersvakansie tuis by die kinderhuis.

Elke maaltyd per kind kos R25. Gevolglik sal ’n skenking van slegs R100 vier kinders borg, R300 12 kinders en R500 20 kinders.

. Skenkings kan gemaak word by:

Absa-bank, Wellington-tak

Rek. no.: 430560107

Tak no.: 632005

Verwysing: Kersfees + naam

Stuur e-pos na marketing@andrew­murray.org.za met betalingsbewys asseblief.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article