Huis Andrew Murray (HAM) het weer vanjaar sy Kersfees in Julie-skoendoos­projek.

HAM sorg daagliks vir 150 sorgbehoe­wende kinders wat óf wees gelaat is óf wat deur die kinderhof uit hul ouers se sorg verwyder is. Om ten volle aan die kin­ders se emosionele, fisieke, intellek­tuele en geestelike behoeftes te kan voorsien, is die kinderhuis genood­saak om hulp van die gemeenskap te vra.

Die wenslys vir die skoendoosprojek kan by 021 873 3834/5 of per e-pos na bemarking@andrewmurray.org.za aangevra word.

Alle items moet nuut wees. Die skoendose kan voor of op 25 Julie by HAM se kantoor afgelewer word.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article