Paarl Primêre Seunskool en Laerskool Paarl Gimnasium het die winterseisoen verlede week afgesluit met ’n week propvol opwindende skolesport.

As gevolg van die Covid-19-pandemie kon die jaarlikse interskole-toernooi weer nie vanjaar plaasvind nie, maar die spanne kon gelukkig mekaar die stryd op die sportterrein aansê en hul seisoen op ’n hoë noot afsluit. Die week het Maandag 13 September begin met skaakwedstryde en hokkiewedstryde is Woensdag en Vrydag gespeel. Rugby was Donderdag en Saterdag aan die beurt. Toeskouers kon nie die wedstryde bywoon nie, maar van die wedstryde is aanlyn uitgesaai. Sien foto’s op bl. 29. Rugbyfoto’s deur: Martyn Mulder Action Photographer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article