Wie het gesê wiskunde kan nie in kuns omgeskep word nie?
Leerders wat aan die onlangse MathArt-kompetisie deelgeneem het, het bewys watter mooi kuns uit metings, syfers en simbole kan ontstaan.
Meer as 350 leerders van oor die land heen – van graad 7 tot graad 12 – het ingeskryf. Die tema van die kompetisie was “Pragtige wiskunde” en is deur die Govan Mbeki- wiskunde-ontwikkelingsentrum by die Nelson Mandela-universiteit aangebied.
Die MathArt-kompetisie het betrekking op die internasionale tendens om kuns by STEAM (Science, Technology, Engineering and Mathematics) te inkorporeer. Die Wes-Kaapse Onderwys-departement het die term uitgebrei na STEAMAC en sodoende “Agriculture” en “Coding” bygevoeg.
“Die MathArt-kompetisie is daarop gemik om bewustheid te skep van die verband tussen wiskunde en kuns, en is deel van die visie en mandaat van ons sentrum om kreatiewe probleemoplossing en STEAM-opvoeding te bevorder,” sê prof. Werner Olivier, direkteur van die Nelson Mandela-universiteit se Govan Mbeki- wiskunde-ontwikkelingsentrum.
Carine Steyn, die kompetisieleier van die wiskunde-ontwikkelingsentrum, sê: “Leerders het hul inskrywings aanlyn ingedien en die top-20 in elke graad moes hul kunswerke aan ons stuur vir finale beoordeling.”
Amoré Snyman (gr. 9) van Hoërskool Paarl Gimnasium het goud gewen vir haar werk; nog ’n gimmie, Hano Nieuwoudt (gr. 10) en Emma van der Waal (gr. 8) van Bridge House in Franschhoek het silwer gewen.
Lené Janse van Rensburg (gr. 9) van Hoërskool Paarl Gimnasium het ook in die eindronde meegeding.. Learners who took part in the MathArt competition proved what beautiful art can come from measurements, numbers and symbols.




