Die Drakenstein Sakekamer hou op Vrydag 14 April sy algemene jaarvergadering (AJV).
Die jaarvergadering vind plaas om 18:30 op die Laborie-landgoed in die Paarl en die sprekers by die geleentheid is dr. Johan van Deventer en dr. Willie Cilliers.
Op die spyskaart is kaas en wyn en daar sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar wees. Ligte musiek sal deur ’n orkes verskaf word.
Kaartjies kos R450 per persoon of R4 500 per tafel van tien.
Om jou plek te bespreek kontak Francis Nieuwoudt by 071 346 6512 of stuur e-pos na info@drakensteinsakekamer.co.za


