Paarlzicht Primêr se mini-krieketspanne het die afgelope Vrydag aan die Laerskool Hugo Rust se KFC-mini-krieketdag by Hugenote Hoërskool deelgeneem. Paarlzicht se o.9-span het al hul wedstryde vir die dag gewen. Agter van links staan Keanu Abrahams (afrigter), Durdon Booysen, Giovanni Wies, Bevan Fortuin, Tyler Baartman en Kaylin van Schalkwyk (afrigter). Voor sit Cohen Fisher, Junayd Hanekom, Ee-jay Friesland en Ashmerto Watts


Proteas kan by Paarlzicht-o.9’s kom leer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article