Onthou jy Tant Mietie, Veldsman en Genis en nog meer? Die drie het immers in die harte en huise van liefhebbers van Afrikaanse stories geklim met PG du Plessis se onvergeetlike en hartstogtelike verhale in Koöperasiestories. Du Plessis was een van die meester-storievertellers in Afrikaans. Met Koöperasiestories, wat ook as ’n televisiereeks uitgesaai is, het hy ’n nasionale skat geword. Hierdie heruitgawe is ’n keur van die gewildste humoristiese kortverhale oor die lewens en liefdes van die mense van die dorp Gezinasrus – mense wat, al hul eienaardighede en dwaasheid ten spyt, steeds hul weg tot diep in jou hart vind. Koöperasiestories word deur NB-uitgewers uitgegee en verkoop teen R240. Een Paarl Post-leser kan ’n eksemplaar van Koöperasiestories wen. WhatsApp die antwoord van die volgende vraag na 066 484 3728: Noem die naam van een van die karakters in Koöperasiestories. Die wenner sal per WhatsApp in kennis gestel word en moet die boek by Paarl Post se kantoor by Newstraat 1a, Paarl, kom afhaal. Foto:

Credit: SYSTEM

Paarl Post-boekeklub: ‘Koöperasiestories’ ’n gunsteling

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article