Paasfees in die Wes-Kaap word gekenmerk deur die reuk van ingelegde kerrievis en uie wat vir bykans ’n week in aanloop tot Goeie Vrydag in die lug hang. Ons kan natuurlik ook nie heerlike “hot cross buns” waarmee kerrievis oor Paasfees geniet word, vergeet nie. Van die meer gewilde soorte vis wat vir hierdie jaarlikse Kaapse tradisie gebruik word, sluit in snoek, stokvis en geelstert. Shaamiel Fortuin, ’n visverkoper van die Paarl, spog hier met een van sy massiewe snoeke. Volgens Fortuin word hul “vars snoek” uit Port Nolloth in die Namaqua-streek ingevoer. Sy stalletjie is vir die week in aanloop tot Paasnaweek op die hoek van Broadway- en Van der Stelstraat.Foto: Rasaad Adams
O, liewe snoek!
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.