Nóg ‘n sinnelose moord het die op 12 Julie om ongeveeer 15:30 in Paarl-Oos plaasgevind toe Renier Prins, ‘n man in sy dertigs, in ‘n stryery doodgesteek is.

Volgens kapt. Basil Seekoei, ‘n woordvoerder van die Paarl-Oos-polisie, het die oorledene steekwonde aan sy bolyf gehad. Die vermeende moord het in Neil Mosesstraat in Klein Nederburg plaasgevind.

Seekoei het bevestig dat ‘n 21- en 23-jarige in verband met die voorval in hegtenis geneem is.

Volgens die Paarl-landdroshof is die twee beskuldiges broers en hulle is met hul eerste hofverskyning die afgelope Maandag (14 Julie) borgtog geweier.

Die broers is Zain (21) en Shervano (23) Juries.

Volgens ‘n ingeligte bron het ‘n stryery tussen Prins en die twee beskuldigdes onstaan nadat hulle hom van diefstal beskuldig het.

Die oorledene is na bewering na die beskuldigdes se woning in Neil Mosesstraat gelok en daar gekonfronteer, waarna hy uiteindelik in iemand se erf in dieselfde straat aan sy wonde beswyk het.

Hierdie moord volg kort nadat nog ‘n moord vroeg in Julie in Paarl-Oos plaasgevind het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article