begraafplaas
Werk aan fase twee van die Nieuwedrift-begraafplaas in die Paarl sal vroeg volgende maand begin. Foto: Drakenstein Municipality/ Facebook

Werk aan fase twee van die Nieuwedrift-begraafplaas in die Paarl sal vroeg volgende maand begin, het die Drakenstein-munisipaliteit (DM) in ‘n verklaring gesê.

Hierdie begraafplaas is in Augustus verlede jaar geopen nadat ‘n tekort aan begraafplase in die Drakenstein ontstaan het omdat die Klein-Parys-begraafplaas vol is.

Fase twee behels:

  • Grootskaalse grondwerk vir ±700 grafte;
  • Vestiging van ‘n tydelike parkeerterrein;
  • Bou van toegangspaaie;
  • Installering van stormwaterinfrastruktuur; en
  • Gedeeltelike omheining van die terrein.

Die DM het in sy verklaring gevra die publiek moet geduldig wees tydens die bouwerk, wat “tydelike ontwrigtings in en om … die begraafplaas kan veroorsaak”.

Werk aan fase drie van die ontwikkeling sal na verwagting in Julie vanjaar begin.

LEES OOK: ‘Nieuwe’ begraafplaas geopen in Paarl

Paarl Post het vroeër berig dat fase 1 van die begraafplaas voorsiening maak vir 678 grafte en dat die algehele aantal grafte in die begraafplaas 13 800 sal wees tesame met toegangsbeheer en heinings, uitgebreide parkeergeriewe, kantoorruimte en ablusiegeriewe op die perseel, sowel as interne paaie en stormwaterinfrastruktuur.

Die begraafplaas, waarvoor R2 miljoen in die 2027-’28-boekjaar begroot is, is geleë op die Boland- Ondergeskikte pad oorkant die Nieuwedrift-kliniek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article