Petrus de Beer, Hanna de Wet en Bram Potgieter tree Saterdag 28 Mei om 19:00 by die Bordienghuis-teater in Wellington op. Hulle vergesel die gehoor op ’n kragtoer van musiek en stories waarmee oud en jonk hulle sal kan vereenselwig. Met Petrus, ongeëwenaar op viool, Bram wat met die klawers toor en Hanna se volronde stem en vertolking, is hierdie die één vertoning wat jy nie wil misloop nie. Kaartjies kos R175 per persoon en kan by Jeannine by 061 156 5386 bespreek word. Die deure open reeds om 17:00 en gaste kan dan reeds pizza en wyn bestel.
Credit: SYSTEM
Musiek-kragtoer
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.