Jan Dreyer (regs) met sy seun, Jacques.Foto:

Credit: SYSTEM

Die bekende Paarlse sakeman Jan Dreyer is op Sondag 16 Julie ná ’n kort siekte in die ouderdom van 79 jaar oorlede.

Jan was die stigter en eienaar van Jan Dreyer Meubels en Vervoer sedert 1989.

Hy is in Namakwaland gebore en nadat hy in die polisiediens was, het hy hom in die meubelbedryf beywer.

Jan en sy onderwyseresvrou, Flippie, het Paarl toe getrek en daar het hy by die ou Dicks-meubels begin werk voor hy sy eie onderneming oopgemaak het.

Flippie het by die ACVV- kleuterskool Trompie skoolgegee, waar sy 35 jaar was. Die egpaar was vir 55 jaar getroud.

Buiten sy sakevernuf was Jan ook ’n bekende by Paarl-rugbyklub waar hy eers rugby gespeel en daarna afgerig het.

Jan word oorleef deur sy vrou en twee kinders – Jacques wat sy besigheid oorgeneem het en sy dogter, Hanneke.

Sy gedenkdiens vind Saterdag 22 Julie om 11:00 in die Strooidakkerk plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article