Vir Livfit-gimnasium in die Paarl is fiksheid en gesondheid ’n voorkeur en die kultuur moet van jongs af gekweek word. Dit is presies die boodskap wat hulle verlede week oorgedra het aan leerders van Paulus Joubert Sekondêr, waar hulle ’n oefensessie vir die leerders aangebied het. Hierna het hulle ook oefentoerusting in die vorm van sokkerballe en oefenbakens aan die skool geskenk. Saam met die meisies van die eerste sokkerspan (middel) is van links die span van Livfit, Cassidy Sampson en Carlton Cairncross, met Olivia Losper en Aulante Losper heel regs. Foto:

Credit: SYSTEM

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article