Een gelukkige leser staan ’n kans om die boek Lekker Liewe Heksie-stories te wen. Die boek bestaan uit 10 stories. Liewe Heksie is seker die bekendste kinderboek-karakter in Afrikaans en Verna Vels se tydlose verhale help al langer as 50 jaar kinders om die genot van lees en boeke te ontdek. Die onskuldige, vriendelike heksie Levinia en al die bewoners van Blommeland laat oud en jonk steeds skater met hul manewales. Vian Oelofsen se lewendige illustrasies sorg dat Liewe Heksie en haar maats se avonture nog net so bekoorlik is soos altyd. Om ’n kans te staan om te wen, beantwoord die vraag: Wat is die naam van die kunstenaar wat die illustrasies van die boek geteken het? Stuur jou antwoord via SMS of WhatsApp na 066 484 3728 teen Maandag (6 Mei) om 10:00.
Liewe Heksie herleef
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.