Die Hoërskool Gimnasium Paarl se hoofseun en hoofmeisie vir 2022 is Liam Muller en Anja Woudstra. Liam sê hy sien daarna uit om in die komende jaar die dinge te doen wat hulle weens Covid-19 nie die afgelope twee jaar kon doen nie. “Ek sien uit daarna om al daardie klein dingetjies wat ons as vanselfsprekend aanvaar het, te benut en te waardeer. Ek sien uit daarna om die beste van elke geleentheid te maak, onvergeetlike herinneringe saam met vriende en familie te ervaar, en daarna te streef om die verskil te wees wat ek in die wêreld wil sien. Ek kan nie wag om te sien wat 2022 vir ons inhou nie. Al die hoogtepunte – tesame met die laagtepunte – en al die lesse wat ons langs die pad gaan leer, gaan opwindend wees.” Anja stem saam met haar mede-hoofleier: “Ek sien uit om weer aan alles deel te neem wat ons nie tydens Covid-19 kon doen nie en om spesiale herinneringe saam met my vriende en familie te maak. En as die Covid-gevalle laag bly, sien ek baie uit na interskole!”
Leiers sien uit na 2022
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.