Drie leerders van Nederburg Primêr was lid van die o.13 Kaapse Wynland-distrik-vlugbalspan wat aan die provinsiale vlugbalproewe deelgeneem het. Na afloop van die proewe is Kimberly Pitt gekies as lid van die Wes-Kaap-span vir die o.13-meisiesvlugbalspan. Dié span gaan van 15 tot 20 Desember aan die interprovinsiale en nasionale toernooi in Gauteng deelneem. Agter staan Carmen Johnson, Daylan Carolissen en Melville Lawrence (skoolhoof). Voor is Jayden Pekeur, Kimberly Pitt en Reagan Spruit.
Leerders presteer by vlugbalproewe
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.