Learningtree-nasorg en -kleuterskool in Simondium het Vrydagaand sy leerders by ’n toekenningsaand vereer. Die tema van die geleentheid was Hollywood Oscar Evening. Learningtree is ’n niewinsgewende organisasie wat ook kinders na skool help met hul huiswerk. Volgens die skool is die geleentheid gehou om elke leerder te vereer in dit wat hy of sy uitstaan. Elke leerder het ’n sertifikaat en ’n trofee met hul naam daarop ontvang. Die geleentheid het by die Simondium-gemeenskapsaal plaasgevind wat bygewoon is deur die kinders se families.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.