Die Laerskool Noord-Eind se o.13-netbalspan is, agter van links, Jana Kemp, Zasce Coetzee en Katrien du Plessis. In die middel is Kyla Lambrechts (afrigter), Cara-Mia Nel, Lizaan Griessel en Marli le Roux (afrigter). Voor is Bella Mouton, Thomé Bestbier, Leoné Carstens en Mieke Huisamen.

Credit: SYSTEM

Die eerste Kobus Wiese SuperSeries vind van 1 tot 5 April by die Laerskool Noord-Eind plaas. Dit sal ’n jaarlikse instelling in Paarl word.

Verskeie o.13-rugby- en -netbalspanne van 20 laerskole in die land gaan deelneem. Meer inligting oor die toernooi is beskikbaar op bladsy 20.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article