Die Paarl kook vandeesweek behoorlik met die aanbreek van nog ’n Interskole-kragmeting tussen die Hoërskool Gimnasium, Hoër Jongenskool en Hoër Meisieskool.
Die dorp is weereens propvol besoekers terwyl bome, wonings en ondernemings in die kleure van die skool van inwoners se keuse getooi is.
Emosies loop hoog en die sportgees is oral te sien. Ja, ’n mens kan eintlik die gees van Interskole voel. Die Interskole- tradisie is gewis ’n fondament so stewig soos die granietrotse op Paarlberg self.
Vanjaar pak Paarl Gim en Boishaai mekaar op 2 Augustus op wat beskou word as die wêreld se grootste skolerugby-derby vir die 109de keer.
Maar intussen neem al die skole, in alle ouderdomsgroepe, vandeesweek aan ‘n fees van sport deel, tot die groot kragmeting Saterdag op Faurestraat, wanner die hele Paarl tot stillstand kom.
Hou die volledige Interskole 2025-program altyd byderhand – direk op jou selfoon, of laai dit af en druk dit uit. Só mis jy niks van die opwinding nie!





