Ek het die naweek ’n paar wynplase buite die dorp in die Durbanville-omgewing besoek, en ek moet sê ek was aangenaam verras.

Kyk, niemand kan van Paarliete en Wellingtonners die feit wegvat dat hulle regtig spoiled for choice is as dit kom by wynplase nie, maar – en dis ’n groot maar – is dat kliëntediens hier afsteek.

Ons het by ’n wynplaas ingegaan en ongelukkig was hulle reeds vol en hul kombuis was reeds toe, maar waar ek nou gewoond was aan net “ons is ongelukkig vol” en die koue skouer kry, het die persoon wat ons gegroet het regtig jammer gelyk dat sy ons nie kon inpas nie. Sy het vir ons ander opsies aangebied sodat ons steeds daar kon kuier en selfs gevra wat ons in gedagte het vir die middag en ander voorstelle van wynplase naby gegee.

Elke plek het selfs vir ons verduidelik waar watter aanbiedings op hul plaas is.

Die eetplekke ’n bietjie nader aan die see se diens was ook goed. Vriendelike personeel het ons laat welkom voel.

Om die waarheid te sê, niemand was ergerlik nie – nie eens in die kruidenierswarewinkels nie . . .


Gayle,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article