Magnolia Primêr bied op 12 Maart die Marc de Villiers- Pro o.13-kriekettoernooi by die Parys-sportveld in die Paarl aan. Die ontwikkeling van jong talent en die blootstelling aan mededingende krieket is die hoofdoel van dié toernooi vir laerskole. Terselfdertyd word hulde gebring aan die geliefkoosde onderwyser Marc de Villiers, wat ’n groot bydrae gemaak het met die ontwikkeling van krieket in die breër Paarl-gemeenskap. Die wedstryde begin om 13:00. Die dag beloof om opwindende krieket op te lewer. Die kapteins van die skole wat aan die toernooi gaan deel neem, is, van links, Wilbur Seconds (Nederburg Primêr), Maxwell Davids (New Orleans Primêr), Tristan Block (Laerskool Paulus Joubert) en Jade Davids (Magnolia Primêr).


Kriekettoernooi skool jong spanne

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article