Plaaslike liefhebbers van clivias kan daarna uitsien om die einde van die maand die Kaapse Clivia-klub se jaarlikse skou in Milnerton by te woon om van hierdie mooi plante aan te skaf en die wenners te bewonder. Belangstellende blomliefhebbers kan die Kaapse Cliviaskou Saterdag 30 September en Sondag 1 Oktober bywoon. Hier gaan jy ’n besonderse verskeidenheid blomkleure en vorms sien, asook dié met breë blare en blare met strepe op. Daar sal ook kweek-demonstrasies en plantverkope wees en jy kan gesels met van die kwekers.Waar? Die Hoërskool Milnerton. Oop vir die publiek. Wanneer? Saterdag 30 September en Sondag 1 Oktober. . Toegang vir die skou is R20 per persoon en gratis vir skoolkinders.Foto:

Credit: SYSTEM

Kom kyk na dié clivias!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article