Met die huidige ineenstorting van die eens kragreus Eskom word vrae dikwels gevra oor die kragvoorsiener wat voortgaan om krag aan ander Afrikalande te voorsien.
Chris Yellend, ’n energie-analis en besturende direkteur by EE Business Intelligence, het onlangs aan die radiostasie Cape Talkverduidelik waarom die Eskom-kragvoorsiening aan ander Afrika-lande nie beurtkrag in Suid-Afrika vererger nie.
Suid-Afrika is ’n netto invoerder en nie ’n uitvoerder van krag van buurlande soos Mosambiek, Lesotho, Swaziland, Namibië en Botswana nie, het Yellend verduidelik.
“Hierdie lande help dus Suid-Afrika om in sy elektrisiteitsbehoeftes te voorsien deur krag vir dié land te gee,” volgens Yellend.
“Die grootste elektrisiteitsverskaffer aan Suid-Afrika is Mosambiek wat deur die Cahora Bassa-kraglyn ’n aansienlike hoeveelheid konstante, en goedkoop elektrisiteit verskaf,” het Yellend gesê.
Suid-Afrika voorsien wel elektrisiteit aan buurlande, maar dis ’n aansienlik klein hoeveelheid, volgens Yellend.
Daar is twee soort elektrisiteitsvoorsieningsreëlings tussen Suid-Afrika en die buiteland.
Die eerste een sluit in ’n bilaterale kontrak tussen Eskom en naburige kragdienste, byvoorbeeld Nampower in Namibië, of die Botswana Power Corporationword deur Eskom van ’n sekere hoeveelheid krag voorsien.
Lesotho voer krag na Suid-Afrika uit van die hidro-elektriese kragsentrales. “Dit is immers ’n relatief klein hoeveelheid krag as daar na Suid-Afrika se kragaanvraag gekyk word,” het Yellend verduidelik.
Deel van hierdie bilaterale elektrisiteitsvoorsieningsreëling is wanneer Suid-Afrika beurtkrag ervaar, die buurlande lasvermindering ervaar.
Die tweede reëling is ’n handelsreëling deur wat bekend staan ??as die “Suid-Afrikaanse kragpoel” volgens Yellend.
“Wanneer kragdienste soos Eskom, of een van die buurlande s’n, ’n surplus elektrisiteit het, bied die land daardie elektrisiteit op die Suid-Afrikaanse kragpoel aan en sê wat die prys is as ’n land dit wil koop, so ander lande met ’n elektrisiteitstekort kan dit dan koop,” het Yellend gesê.
Die verkoop van die surplus krag is ’n pluspunt vir Suid-Afrika omdat dit geld genereer vir die land en die buurlande omrede Suid-Afrikaanse krag en ander elektrisiteit wat in die ander Afrikalande opgewek word, gedeel word.
. Energy analyst Chris Yellend explains how South Africa’s electricity exports work.




