Karissa Koegelenberg (11) van Hoof Prints-ryskool, wat slegs twee jaar in die saal is, het verlede jaar aan haar eerste skou in Tulbagh met haar perd, Charm, deelgeneem en uitstekend gevaar deurdat sy die naaswenner in die saalperd-klas was. Karissa neem binnekort weer in Tulbagh en Moorreesburg deel en doen vanjaar haar skole-Sanesa. Jeanette Cocklin, die eienaar van Hoof Prints, het juis as kind self in perdry presteer en al in 1994 in Paarl Post vir haar perdryprestasies verskyn. Haar ryskool is vir beginners van vierjarige ouderdom en ouer en is hoofsaaklik daarop gemik om ’n liefde tussen jong ruiters en perde te kweek. Hoof Prints se fokus is grotendeels op die pragtige styl van Amerikaanse saalperde. Foto:


Karissa maak Hoof Prints-ryskool trots sweer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article