Saterdag sien die eerste groot internasionale rugby-toets
voor ‘n volskaalse skare weer ná die Covid-19-pandemie, wanneer die Springbokke
die Drake aanpak op Loftus Versfeld in Pretoria. En ons soek die
Drakenstein-vallei se grootste Bok-ondersteuner.
Beide mans en vroue Springbok-ondersteuners word dus genooi
om Saterdag tydens die groot wedstryd ‘n foto van hulself te neem in hul
Bok-uitrustings getooi. Stuur dan die foto met jou naam daarby na 066 484 3728.
Die Bok-ondersteuner wat die grootste bok vir sports is wen dan ‘n lekker braaipak met
brandewyn, wyn, boerewors, ‘n Jan Braai boek asook nog ‘n paar verrassings.
Toon dus jou ondersteuning Saterdag vir ons nasionale span.




