Etlike Hoër Jogenskool Paarl-atlete (HJS) het op 4 en 5 Oktober in Bloemfontein aan die Grey/Oranje-atletiek­byeenkoms deelgeneem. HJS het uitstekend presteer by die byeenkoms en algeheel tweede in die seunsafdeling geëindig. Die volgende atlete het almal uitstekende uitslae behaal: Micah Africa (goud in die o.15-100m en 200m), Zachary Alfred (silwer in die o.15-100m-hekkies), Cheston Kapot (goud in die o.15-hoogspring-item) en Reinhardt van Heerden (goud in die o.15-verspring) sowel as Izak Bergh (goud in die o.16-200m) en Abelines Schoeman (goud in o.17-400 m-hekkies en silwer in 400 m). Brentlee Damon het ’n silwermedalje in die o.17-200 m gewen. HJS se o.17-aflosspan het goud in die Sweedse aflos sowel as die 4×100 m-aflos gewen. Die o.17-seuns-aflosspan, met hul medaljes, is, van links: Aidan Holliday, Izak Bergh, Brentlee Damon en Micah Africa.


HJS-atlete bring medaljes huis toe

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article