Die Hillcrest United-rugbyklub het verlede week sy spelers by die klub se jaarlikse bekeruitdeling, wat in Wellington gehou is, vereer. Die gasspreker vir die aand was Geduld Veldsman, ’n skrywer en gemeenskapsontwikkelaar. Die beste voorspeler van die derde span is Jason Le Cordeur, gevolg deur die beste agterspeler van die derde span, Ricardo Willemse. Die beste voorspeler van die tweede span is Mario Jacobs en die beste agterspeler vir die tweede span is Keanu Gertse. Vir die eerste span is Shanton Fransman as die beste voorspeler aangewys en Gilton Mangena as die beste agterspeler. Ander pryse is aan Ryan Persence [insluiting in die Kavaliers-groep] asook alle spelers wat by die Drakenstein-span betrokke was, oorhandig. Vanjaar het Hillcrest United die Top-7-pryswenners elkeen met ’n geldprys, wat deur Nedbank Wellington geborg is, vereer. Die groot wenners vir die aand was Mangena, wat met die Nedbank-spelers se Speler van die Jaar asook die Nedbank- Speler van Jaar-prys weggestap het, en Keanu Gertse (Nedbank- mees lojale en toegewyde speler) asook die Nedbank Hillies 7’s- Speler van die Jaar, en Kieran Dreyden met die Nedbank-prys vir die meeste punte. Trevino Pietersen is die Nedbank- toeskouers-speler van die Jaar. Curtle
Credit: SYSTEM
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.