Die seëvierende span van die Hoërskool Franschhoek wys hul vreugde nadat hulle in die snikhete van die wedstryd teen Groendal die wenpunte aangeteken het. Foto’s: Emile Krotz


Die twee buurskole in Franschhoek – Groendal Sekondêr en Franschhoek Hoër – het Saterdag (4 Junie) die eerste keer saam ’n sportdag gehou.

Groendal Primêr is ook betrek.

Daar is in verskeie sportsoorte meegeding, en hierdie sportdag sal voorts ’n jaarlikse instelling en tradisie wees.

Groendal het die meeste van die wedstryde gewen.

Die o.19A-rugbywedstryd was die hoofwedstryd van die dag en talle ondersteuners van albei skole uit dieselfde gemeenskap het die veld volgepak.

Die span van Franschhoek het in ’n naelbyt-stryd regdeur die wedstryd in die doodsnikke ’n strafdoel deur die pale geklits en met die telling 9-8 as oorwinnaars uit dié geskiedkundige stryd getree.Ander uitslae: (Groendal eerste genoem)

NetbalRugbySkaakSeunssokker
o.9 (0-2)o.9 (15-0)6-1 4-1
o.11 (5-3)o.11 (10-5)
o.13A (3-9) o.13A (26-5)
o.14A (4-7)o.16A (16-10)
o.15A (17-12)o.19A (8-9)

o.16A (16-8)

o.19B (11-8)

o.19A (29-14)

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article